Inligting oor bosluise

In die geval van bosluise, is dit hoofsaaklik bloubosluisweerstand wat oor die afgelope tien jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het.  Twee bloubosluisspesies word in Suid-Afrika aange-tref, naamlik die Afrika bloubosluis wat die vektor van Afrika  rooiwater is, en die Afrika-Asiatiese bloubosluis, wat die vektor van Asiatiese rooiwater is. Aangesien die twee spesies feitlik dieselfde lewensiklus het en beheer, van die twee spesies ook feitlik dieselfde is, verwys ons verder net na die bloubosluis.

Die bloubosluis is ‘n eengasheerbosluis by hoof-saaklik beeste en is die draer van rooiwater en galsiekte, wat jaarliks groot verliese in die veebedryf veroorsaak. 

Die dier word met larfies van die bosluise besmet wat op die weiding voorkom.

 

Die nimfies voed weer op ‘n nuwe gasheer vir onge-veer sewe dae, waarna hulle ook vervel, verhard en ontwikkel tot volwassenes.

Onthou dat ‘n bosluis tussen elke lewens stadium moet bloed kry om te kan oorleef.

Die volwasse wyfiebosluise begin voed en wanneer hulle volgesuig is (na sewe dae), val hulle spontaan van die dier af en begin binne ‘n week op die grond eiers lê.  Die wyfie lê ongeveer 3 000 eiers.Die mannetjiesbosluise bly op die dier en wag dan vir die volgende volwasse wyfie om mee te paar.

Indien die mannetjiebosluis op hierdie stadium van sy lewe van die dier kan afval stop jy die voortplantings proses ommiddelik. 

Die eiers neem ongeveer drie weke om uit te broei, waarna die larfies weer wag om teen die volgende gasheer op te klim.  Indien die dier se bloed nie na sy smaak is nie sal hy onmidelik afval as ‘n nimfie of tydens sy larf stadium. Indien die bosluis ‘n bloubosluis is wat ‘n eengasheer bosluis is sal die bosluis tot niet gaan en nie weer deel neem aan die voortplantings proses nie.

Die tydperk vandat die larfies op die dier geklim het totdat volgesuigde wyfies waar geneem word, is ongeveer 21 dae.  Slegs die volgesuigde wyfie-bosluise is gewoonlik vir die boer sigbaar op die diere, die vraag wat altyd opkom is hoe om die bosluis se lewenssiklus so te versteur dat hy nie so ‘n “rol aksie” van voortplanting kan voort sit nie, bv as ek tussen my trop beeste loop dan is dit vir my opval-lend dat sekere beeste altyd vol bosluise is en ander het min of geen bosluise, maar hulle gebruik dieselfde veld, looppaaitjies, drink water uit dieselfde waterkrip, vreet dieselfde soutlekke, gebruik dieselfde slaapplekke. Dit is waar hierdie nuwe waterkripdosering vandaan kom. Ons moet die parasiete se lewensstadium in so ‘n mate versteur dat hulle nie kan voortplant nie. 

Ons gaan kyk na die volgende faktore wat bydra tot die ontwikkeling van bloubosluis-weerstand.

  • Die herhaaldelike gebruik van dieselfde aktiewe bestanddeel, jaar na jaar, om die bosluise te beheer.
  • Kort dipintervalle, hoe meer jy dip hoe groter die probleem.
  • Die relatiewe kort lewensiklus van die bloubosluis wat te weeg bring dat meer as een generasie deur die jaar voorkom.
  • Ideale omgewingstoestande.
  • Die wangebruik van dipmiddels.
  • Herhaaldelike gebruik van dieselfde middel: 

Wanneer dieselfde middel/aktiewe bestanddeel jaar na jaar deur die boer gebruik word, word al die bosluise wat vatbaar is vir die middel oor die tydperk doodgemaak en letterlik uitgeroei, terwyl die weerstandige bosluise stelselmatig begin toeneem.

Dit kan dan gebeur dat die hele bloubosluis-populasie op die plaas volledig weerstandig teen die aktiewe bestanddeel raak.

Verhoogde dipintervalle:   

Kort dipintervalle veroorsaak dat die vatbare bosluise vinniger uitgeroei word en die weerstandige bosluise relatief tot die vatbare  bosluise, vinniger toeneem.