Leer ons so 'n bietjie ken

At & Susan Venter, wat self vee en wild boer is, het die konsep van EKO Tablette in 2007 begin ontwikkel.  Ongelooflike navorsing het gepaart gegaan met die ontwikkellings proses.

Nadat die produk ontwikkel is, het die toets fase begin om 100% seker te maak dat eerstens die produk werk en tweedens dit nie skadelik of newe effekte het nie.

Die produk het ongelooflike uitwerking gehad met die beheer en uitroei van bosluise waar dit gebruik was.  Al die toetse en resultate wat bewys het die produk werk is bekom en kan op aanvraag gelewer word.

Hierna het die proses begin om die produk wettig te kry en was ‘n jare lange stryd met die relevante staats departemente.  In 2022 is dit toe goedgekeur.